Tuesday, 3 November 2015

Wiskunde vir die ouer

Wiskunde is lekker!!!


U kind dink dalk nie so nie!
U ook nie!?!?

Vandag se Wiskunde onnies word gedwing om verskillende metodes aan te bied om Wiskunde te doen!

Wat het geword van ..... Ken jy jou tafels, langdeling en korrekte prosedure?
Dit het plek gemaak vir ... Verdelingsreëls, baie langer uitgerekte notasies en jou gekose prosedure. 

Moenie moedeloos raak nie. Hier gaan jy en jou kind meer leer oor hoe Wiskundige vaardighede met begrip KAN ontwikkel.  




Wiskunde doen, is lekkerder as feite leer! 

Waar begin 'n kind se eerste Wiskundige begrippe?
Dalk as baba gretig die VOL bottel gryp, of die LEë een wegstamp? 
Alle leer begin sommer baie vroeg. Sodra die outjie geleer het om die nekkie self rond te draai, begin ruimtelike oriëntasie. Ons sal nou nie sover gaan as om te sê dat die outjie reeds afstand kan skat terwyl hy skreeuend in die kot lê en armpies uitstrek nie, of sal ons?
Nietemin, baba se ruitelike oriëntasie, ritme en  balans begin reeds vroeg 'n rol speel in sy/haar ontwikkeling. Almal vaardighede wat 'n rol speel in Wiskunde.

U mag herroep dat u al vrae soos: "Het Boeta gekruip?" moes beantwoord. "Nee, nie op sy een been of op die sitvlak nie! GeKRUIP?" Dalk het U uself vervies, met goeie rede. Hoe moes u nou weet skuif-skuif is nie kruip nie.

Wanneer 'n baba kruip leer die baba om die alternatiewelike- (linker)been/arm(regter) tergelyketyd te gebruik, dus middellynkruising(beheer) vind plaas. Dis is ook belangrik vir die ontwikkeling van balans. Goeie balans help die leerder weer onderskei tussen links/regs, hy/sy beleef lateraliteit beter. 
Sien u hoe verweef die vaardighede is?  

      Wiskunde is net so verweefd. Natuurlik hoe later hoe kwater.
Kom ons kyk na 'n graad 6 sommetjie!
Nuwe begrip: Gebruik priemfatore om KGV te vind van 12 en 48.

"Wat is preimfaktore? O aarde, wat is priemgetalle nou weer? En faktore? Wat is KGV? Waar gaan ek dit kry? Seker nie in my notas nie!?"...alles moontlike "
ACTION-STOPPERS.

Kan u raai wat die probleem in die geval is? 
WOORDESKAT!

Wiskunde is nie net GETALLE nie. Wiskunde het sy eie Woordeboek VOL verwarrende woorde ... dis nou as die outjie nie van die begin af attent gemaak word op HOE belangrik daardie Wiskundigewoordeskat is nie. Van kleins af moet begrippe soos leeg, vol, naby, ver, meer as, minder as, ewe veel ens. tuis aangeleer word.  Hierdie inoefening van woordeskat is net so belangrik as om na sy/haar bottel te kan gryp, perdjie op oupa se knie te ry of om om die hoek te kruip totdat Woef hom/haar nie meer sien nie.
Wanneer formele onderrig dan begin, moet die fasiliteerder hierdie algemene woordeskat vervang met meer Wiskundigewoordeskat soos: Plus(optel), minus(neem weg) ens..... 

BEGIN dus van kleins af u kleuter blootstel aan wiskunde. 

Begin maar gerus waar almal begin. By kleurherkenning. Wees egter versigtig om nie die kind in die begin te veel te verwar nie. Het u geweet dat daar baie seuntjies is wat kleurblind is? 



Die laaste sin ...Doen dieslefde met sekondêre kleure ...'n oepsie!

Nadat u kind die ses kleure ken kan u nou vorms byvoeg. Moenie ingee in die begin tot die drang om die kleure en vorms te meng nie. Stewige vaslegging en absolure konsentrasie op een aspek op 'n slag is baie meer werd. U kan byvoorbeeld nadat hy/sy die drie eerste vorms baie goed ken, weer die eerste drie kleure byvoeg. 


Ja, u kleuter moet beslis nie weet wat 'n heksagoon is nie. Nie nou al nie!
Moenie vergeet dat huisies en bome bou met vierkante, sirkels, reghoeke, driehoeke en ovale verniet is nie. Dit kan deel vorm van ordening van vorms.
Houtlegkaarte wat vereis dat die vorms in 'n gegewe spasie ingedruk moet word, bied u en u kleuter die geleentheid om 'n vorm te bevoel en te beskryf. 
Probeer om u kleuter meer bloot te stel aan fisiese speelgoed voordat u na die digitale weergawes gryp, al is lg. makliker om op te ruim. Te veel babas in stootwaentjies sit tjoepstil na 'n skermpie en staar en te min babas sit op die mat en ruk-en-pluk n ratel dat die spoeg so spat. 
  


Die meeste kleuters leer syfername aan deur rympies. Ken u nog: Hierdie varkie parkie het gaan boer,boer,boer, hierdie varkie parkie het die mieliepap geroer ......
U mag dalk vra: " Ok, waar is die syfername?" 
Die feit dat die kleuter vir elke ander varkie 'n ander vingertjie oplig gee hom/haar die geleentheid om een-tot-een ooreenkoms aan te leer...dit is waar tel vandaan kom. 
"Hoe nou??"
Voordat daar nog syfername was het die skaapwagter 'n klip vir elke skaap wat die kraal verlaat in die sakkie gegooi. Sodoende kon die skaapwagter weer 'n klip per skaap uithaal wanneer hulle weer ingehok moes word. As daar een klip te veel agtergebly het - was die skaapwagter natuurlik in groot moeilikheid! ......
Skaap-klip, skaap-klip....word een-tot-een ooreenkoms genoem. n Wiskundige begrip wat by baie van ons Grondslagfase outjies reeds hul agterstand laat opbou.
Hoe weet ek of my kind weet wat is ee-tot-een ooreenkoms.
Deur hom/haar te vra om voorwerpe uit te tel terwyl hulle hardop tel. n Baie goeie manier om seker te maak dat jou kind nie net ritmies "uit die kop" tel nie.... is om hom/haar ritmies te laat tel terwyl hy/sy op en af spring. Daar moet 'n ooreenkoms wees tussen die aantal kere wat gespring word en die tellery. 
Die volgende stap is om voorwerpe in twee groepe met mekaar te vergelyk. Meer as/minder as en ewe veel. Hoeveel meer/ Hoeveel minder is die volgende stap. Daarmee saam natuurlik die woorde meeste/minste.
Begin by 'n vraag waarop die antwoord: 1 minder/meer is. Hou die getalle klein in die begin. 
Sussie het 3 lekkers. Boet het 2. Wie het die meeste? Hoeveel lekkers het Boetie minder as Sussies.
VERGELYK DAN! 
VERGELYKINGS! n Ongelooflike belangrike begrip in wiskunde. 
Want...
Vergelykings hou nooit op in Wiskunde nie. 
Vergelyking word gebruik in:
die toets van 'n antwoord; die skryf van 'n reeks "deurmekaar getalle" van groot tot klein, en dis maar net die begin. Kyk maar na die antwoorde van die x 2  en x 4 hier onder. 
Met nadere ondersoek en vergelyking sien u kind dat die x 4 tafel se antwoorde elke 2de een is uit die 2 maal tafel. Hulle is dan sommer dadelik meer postief vir verdere ondersoek! 
HIER IS NOU 'N IDIALE GELEENTHEID OM TE VERDUIDELIK HOE BELANGRIK 
DIE DEELBAARHEIDSREëLS IS..... hiehiehie.... maar liewers eers later.

Vergelykings kom voor in meting:
 1500g = 1.5kg. 
1500g kleiner as 1.8kg 

  











1 comment:

  1. Hi Rone. Enige vrae? Ek sal help waar ek kan. Met graagte.

    ReplyDelete